The other lady

Die dame by die deur het gesê ek moet in die geel ry gaan sit. Na 80 minute se wag in die geel ry is ek uiteindelik voor. Opgewonde. "No sir, you must see the other lady". Terug in die ry. Uiteindelik kom ek by "the other lady" maar sy sê ek moet vir die dame langsaan wag. Toe die dame langsaan met ete wil gaan stuur sy my terug na "the other lady" - nou is sy eers moeilik!  Na 'n groot gesukkel kry ek uiteindelik my dokumente.

Ons almal is al iewers in die verlede soos 'n "nobody" behandel. Dis nie lekker om 'n "nobody" te wees nie. Mense doen dit op verskillende maniere: die manier waarop hulle met jou praat; die manier waarop hulle jou boodskappe antwoord of nie antwoord nie; deur doodgewoon oogkontak te vermy of deur gewoon nie te groet nie.

Ek het eenkeer gelees dat baie aanrandings en plaasaanvalle teruggevoer kan word na 'n situasie waar mense se menswaardigheid aangetas is. Hulle is soos 'n "nobody" behandel. Ek dink meeste van ons het dit al iewers ervaar. Baie mense ervaar dit in hulle werkplekke; kinders ervaar dit in skole. Dit gebeur ook in families of vriendekringe. Dit kan ook selfs in die kerk gebeur.

Jesus sou die Samaritaanse vrou (Joh 4) so kon behandel, maar Hy het nie. Hy het ook nie die owerspelige vrou (Joh 8) so behandel nie; nog minder vir Legio met sy baie duiwels. Hy noem Legio op sy naam; Hy noem die owerspelige vrou steeds "mevrou". Hy behandel niemand soos 'n "nobody" nie. Hy raak selfs aan 'n melaatse man (Mat 8) omdat niemand meer aan hom geraak het nie. 

Niemand mag vir jou of my soos 'n "nobody" behandel nie, en ons mag niemand anders so behandel nie. Elke mense is beeld van God, uniek, duur gekoop, kosbaar. Ek moet menswaardig behandel word, en ek moet ander mense menswaardig behandel. Elke persoon wat my pad kruis is 'n "somebody" - 'n mens met 'n storie en gevoelens en waardigheid. Dit geld vir die pompjoggie, die kassier, die kelner, die boemelaar...

Jy is nie 'n "nobody" nie. Mag almal op jou pad jou vandag mooi behandel. Mag jy almal wat op jou pad kom, ook mooi behandel. Doen moeite om mense te groet, oogkontak te maak en mooi te praat. Antwoord boodskappe vriendelik. Raak aan mense aan wie niemand anders meer raak nie. Behandel alle mense mooi - soos jy ook behandel wil word. En vergewe "the other lady"....

Mooi dag!
Coenie

Comments

Popular posts from this blog

Reünie

Vir Johanette...