Begrafnis
Begrafnis Ek gaan begrafnis hou - die lewe saam met hom was hel dae en dae se seerkry te veel om op te tel Hulle sê 'n mens behoort te huil - die dood is nie 'n grap maar ek sal graag met die hamer 'n laaste spyker in wil kap Die kis lyk besonder mooi waarin hy ongemaklik lê kan nie wag om hom toe te gooi en finaal totsiens te sê Ek bêre die oorskot ses voet diep in die aarde en bid dat hy lank sal rus vir ontelbare jare Die grafsteen lyk so mooi hier rus oorlede agterdog uiteindelik heengegaan om nooit weer op te staan