Positief getoets vir Covid-19 Dit het alles laas Sondagaand begin. Ek en Tersia gaan kuier by 'n tannie en haar gestremde seun. Covid-19 het hulle afgesny van almal om hulle en hulle is so eensaam soos 'n pelikaan in 'n woestyn. Tydens ons kuiertjie merk ons op dat haar seun nie goed lyk nie: hy het koors en hy eet al vir dae nie. Ons moedig haar aan om die volgende dag die dokter te bel om te kom kyk. Ons haal ons maskers af en drink koeldrank en bid vir hulle. Woensdag, drie dae later, ry ek en Corniël Pretoria toe vir 'n afspraak by 'n dokter. Iewers tussen Krugersdorp en Pretoria bel die tannie my. Die toetsuitslae het gekom en haar seun is positief getoets vir Covid-19; sy is nie getoets nie. Op daardie oomblik voel dit soos 'n doodsvonnis oor hulle en oor my...en dalk my gesin. In my hart is ek kwaad vir haar: sy dra nooit 'n masker nie en het nie vir ons gesê haar seun is siek nie. En ek is skielik so bitter spyt dat ek my masker afgehaal het. Ek he...
Dis ok ek's nie kwaad vir jou sis jy deur jou tande en straf my met stilte "mark as unread" jy leer my en dissiplineer my onbewus verkleineer my en ek drink 'n slaappil om te slaap...
Ek sê ek is jammer eenmaal, tweemaal, driemaal maar jy antwoord nie en vergewe nie maar vier kersfees - die geboorte van die Vredeskind... Ongenade, onbeskryflik groot het jy aan my bewys verlore vriend, sondaarmens soekend na die Vaderhuis...
Met jou gekamoefleerfe uniform en swaar bruin stewels bars jy in my lewe in en trap alles stukkend wat ek oor soveel jare bymekaargemaak het jy loop deur kerkkantore en vriendekringe en oases en los groot diep spore agter klaviere en kitare en stemme en los sjokolades uit jou boonste laai om nog iemand op jou das af te merk jy skryf ongesiens met apps's en fone en laat elkeen glo dis net sy en jy slaap rustig want jou siek menswees voel trots en tevrede... My vriend, jy het diep spore in my lewe getrap...