Posts

Showing posts from May, 2025

Motorhuise en bokse

Image
Elke motorhuis lyk anders. Een van die motorhuise in ons kompleks is altyd klinies netjies: niks wat rondstaan en niks wat hang teen die mure. Ander motorhuise is omskep in 'n woonstel vir eksta slaapplek. Oom Clifford se een motorhuis is 'n "man-cave"; dis sy stilword-plekkie. Toe ons in Potch gebly het, was my motorhuis 'n plek vir alles wat nie 'n plek het nie. Elke ding wat nie iewers in die huis pas nie, word stilletjies in die motorhuis neergesit. So ook word alles wat reggemaak moet word, in die motorhuis neergesit: 'n strykyster wat stukkend is; 'n muurhorlosie wat geval het; 'n braaipan wat nie warm word nie; en baie meer. Gé Korsten het dit mooi opgesom met sy lied: "Pappa maak dit reg". Dan is daar die motorhuise wat vol bokse gepak is (ek kies doelbewus die woord "boks"). Meeste van hierdie bokse gaan nooit uitgepak word nie. Vra my, ons is drie jaar hier en daar is nog heelwat bokse in my motorhuis - ek ...

Badtyd

Image
As ‘n klein seuntjie was ek baie lief vir bad. Bad was baie meer as net om net jouself skoon te kry. Ons was drie seuns en badtyd was ’n groot avontuur. As my ma uit die badkamer gaan, het ons teen die agterste skuins kant van die bad afgegly – dit was sover ek kon onthou ons eerste “supertube”! Maar ek onthou ook dat ons met die seepbakkies gespeel het: hulle het soos klein skippies op die water gedryf. Ek was altyd verstom dat ’n seepbakkie met ’n koekie seep daarin, op die water kan dryf - ek is steeds verstom. Ek het al baie gewonder wie het seep uitgedink – arme mense wat geleef het voor die tyd van seep. Maak nie saak hoe vuil ons drie seuns was nie, die badwater en die koekie seep het ons elke keer weer silwerskoon gemaak. Dit bly een van die lekkerste dinge op aarde: om weer skoon te kom. As ons bad stories kon vertel, sou hy waarskynlik baie stories kon vertel oor drie vuil seuntjies, en hoe hulle weer skoon gekom het. Soos wat ons groter en ouer geword het, was di...

Spoedbeperkings

Image
Ek het eenmaal gehoor van die twee tannies wat deur die verkeerskonstabel afgetrek is omdat hulle 100km/h in 'n 80-sone gery het. Die tannie agter die stuurwiel verweer haarself en sê: "Maar daar was 'n bordjie waarop gestaan het R100?". "Nee tannie", antwoord die verkeerskonstabel, "R100 is die roetenomer, nie die spoedperk nie!" Die tannie in die passasiersitplek stamp aan haar en sê saggies: "Dis goed Hy het ons nie gesien toe ons op die R300 gery het nie!" Dit gons hierdie week oor die moontlike nuwe spoedperke en boetes. Ons gaan oral so 10km/h stadiger moet ry. Of dit nou waar is of net nog 'n gerug, is nie so duidelik nie. Maar ek wonder of die ou wat hom nie steur aan die huidige beperkings nie, hom nou meer sal steur aan die nuwe beperkings. Sal die ou wat nie 60 wou ry nie nou wel 50 ry? In die tyd van die Ou Testament was daar baie sulke wette. Die latere Fariseërs het die "spoedperk" gereeld afgebring vir die gew...

Ek bid in Afrikaans

Ek onthou die eerste keer wat ek in Engels moes bid: "We thank you Lord that we can be gathered here today..." maar toe is my Engelse woorde opgebruik. Ek was 'n jong kapelaan en ry die Sondagoggend vroeg na 'n groep manne wat besig was met opleiding in die veld. Ek het 'n preek voorberei uit Job. By my aankoms vind ek uit hulle is engelssprekend. Ek het nie eers geweet wat is Job in Engels nie, wat nog van die res van die preek. Maar deur die Here se genade het ek vir hulle in gebroke Engels gepreek uit Job. Ek is nie seker of die Here daardie dag 'n hoorwonder (Hand 2) of 'n spreekwonder (1 Kor 12) gedoen het nie, maar dit bly 'n wonder dat hulle my verstaan het. Dit bly maar moeilik om in 'n ander taal as jou moedertaal te bid. Daar is dinge wat ek net in Afrikaans kan sê. My diepste emosies kan ek net in Afrikaans sê. Ek kan ook nie in Engels huil nie of baklei nie. Dis vandag vir my baie makliker om in Engels te lees en te bid, maar my eie bin...

'n Paspoort vol stempels

Image
Vrydag refleksie - 2 Mei Ons hou van rondry. As ons kon sou ons elke dag iewers heen gery het. Ons gesin se leuse was nog altyd: "The joy is in the journey". Ons kinders het grootgeword in karstoeltjies. Vir ons begin vakansie nie wanneer ons by die vakansiebestemming aankom nie, maar wanneer ons vertrek. Die ry en die langpad is deel van die vakansie. Een van ons geliefde tannies in Potch (tannie Massie), het die lekkerste padkos gemaak en dit sorgvuldig gepak met driehoek-broodjies (sonder korsies), gekookte eiers, wors, hoenderboudjies, koue vleisies, kasies, yoghurt, servette en klein sout en peperpotjies. So 10km buite Potch het sy altyd gesê: "Ons kan seker maar solank ietsie eet...". Sy was natuurlik die kinders se held. Van daardie oomblik af was dit een groot fees. Ek sien in die afgelope tyd 'n mooi prentjie op Facebook met hierdie woorde: "I'll rather have a passport full of stamps than a house full of stuff". Ek het al baie mense ontmoe...