Groet-mense
Vrydag refleksie - 1 Aug Groet-mense En so begin die 2e helfde van 2025 amptelik. Augustus, vernoem na die bekende keiser Augustus, is die maand van wind. Hier onder in die Kaap is ons deeglik bewus van wind en reën. Maar dis geseënde tye, wind of reën of sonskyn - dis genade. God is goed. Vir baie mense was die week skrikwekkend: die sesde grootste aardbewing op rekord (8.8) en die tsunami daarna... Verwoestend. Ek verstom my aan die mense wat staan en wag vir die golf om net gou 'n video te neem voordat hulle vlug en skuiling soek...ai, ons ou mensdom (soos my ouma lank voor selfone al gesê het). Jy speel nie met die natuur-elemente nie. Ek dink vandag sommer aan ons wandeling laas naweek. Ons het die "cliff path" vanaf die hawe na Grotto en terug gestap. Daar was baie mense op die roete, meer as ooit, meesal uitlanders. Ons het op alle moontlike maniere gegroet met "hallo", "hello", "hi" en "good afternoon" maar ons kon van '...