Vir Johanette...
Ek vra jou is dit regtig liefde as dit sommer net op kan hou en jy 'n ander trou? Is liefde dan nie die belofte om uit te hou en aan te hou? Waar is die beloftes en drome van soveel jare? Was ons eenword nooit een en elke intieme oomblik 'n leuen? Het ek myself gegee - my siel, my liggaam, my drome vir iets wat nie regtig was en nie langer in jou lewe pas? Ek vra jou - ek het jou vertrou - dis al vir nou... © Coenie Calitz 2024