Posts

Showing posts from April, 2025

Woede op Vryheidsdag

Vrydag refleksie - 25 April Eerskomende Sondag is ons nuwe demokrasie 31 jaar oud. Die meeste mense is op 31 al volwassenes; baie van hulle het hulle eie loopbane en dikwels reeds hulle eie gesinne. Hulle neem verantwoordelikheid vir hulle eie lewens. Sou 'n mens dieselfde kon sê van ons demokrasie? Is dit 'n prentjie van verantwoordelike volwassenheid? Ek moet herken dat ek teleurgesteld is met baie dinge - soos meeste ander mense wat ek ken. Dis eintlik meer as teleurstelling - soms is daar in 'n mens se hart 'n klompie woede oor die vergrype, korrupsie,  misbruike, uitbuiting en swak bestuur. Dink maar aan die verval in so baie staatsinstellings, die sukkelende munisipaliteite en die toenemende staatstoelaes as gevolg van werkloosheid. Cas Wepener het 'n klompie jare gelede 'n boek geskryf met die titel "Kookpunt". In hierdie boek beskryf hy die onderliggende woede wat tans in baie mense in Suid Afrika se harte lê. Hierdie mooi land moes na 31 jaar ...

Kom eet!

As daar twee woorde is wat 'n mens seker in alle huise hoor, is dit die woorde "kom eet!". Ek is al 58 en dit bly vir my lekker om daardie woorde te hoor. Ek het dit by my ouma en by my ma gehoor; vandat ek getroud is hoor ek dit by Tersia. Omdat ek graag kosmaak, sê ek dit dikwels self. "Kom eet" is nie 'n opdrag nie; dit is 'n uitnodiging. Dis die woorde van 'n gasheer of gasvrou. Dit sê die kos is gereed, die tafel is gedek. Eintlik sê dit meer as dit. Dit sê "kom sit by my tafel - ek wil graag saam met jou kuier".  Etenstye gaan oor meer as kos. Ons lekkerste gesinstyd is random die tafel en rondom kos. Dis waar ons kuier. Wanneer gemeentelede ons nooi vir ete gaan dit oor baie meer as net kos - dit gaan oor die kuier, gesels, lag, deel en saamwees. Dis altyd baie kosbaar. In Johannes 21:12 sê Jesus vir Sy dissipels: "Kom eet!". Dit gaan oor meer as die vis en brood. Hy wil saam met hulle kuier. Ek kan maar net raai wat alles ...

Alledaagse plekke

Die verhaal van Jesus se verskyning aan die dissipels (Joh 21) maal nogsteeds by my: die visbraai langs die see van Galilea. Dit was Sy derde verskyning aan Sy dissipels. Die eerste twee was in Jerusalem en die derde een hier in Galilea. Jesus se opdrag aan Sy dissipels was om terug te gaan na Galilea - hulle sou Hom "daar sien" (Mat 28:10). Hulle gaan terug na die dorpies waar hulle gebly het. Hulle gaan terug na hulle gewone werkplekke en gaan doen wat hulle altyd gedoen het: Petrus, Johannes en Jakobus vang weer vis (dit lyk of die visvang-gogga nou ook vir Tomas en Nataniël en twee ander dissipels gebyt het - John 21:2).  En dis waar Jesus dan verskyn: daar langs die see; daar waar hulle visvang. Letterlik in hulle werkplek. 'n Mens sou verwag dat die opgestane Here in die tempel verskyn, of op die markplein. Wie sou Hom verwag het langs die viswaters? Sommer net so in die gewone, alledaagse lewe...en dit nog vroeg-oggend, voor ontbyt? Ek dink dat Jesus ook dikwels na...

Vis en brood

Dagstukkie - 22 April Ek ken 'n hele paar mense in die gemeente wat lekker vis kan braai. Visbraai is soos vleisbraai - elkeen het sy eie manier van braai.  Een braai die vis net so - niks speserye en goeters nie. Ander gooi bietjie sout op; ander gebruik botter en appelkooskonfyt, of suurlemoensap. Daar is min dinge so lekker soos 'n vis op die kole.  Ek wonder wat was Jesus se resep? Hoe het Hy vis gebraai? Johannes vertel vir ons dat Jesus na Sy opstanding vir die dissipels vis gebraai het (Joh 21). Hulle was die hele nag op die see en het aanvanklik niks gevang nie. Toe hulle terugkom, wag Jesus vir hulle met 'n heerlike vis wat Hy op die kole gebraai het - daar langs die see van Galilea. Dalk het Hy dit gereeld gedoen? Dalk was dit juis Sy manier om vir hulle te wys dat dit Hy was. Het jy al ooit aan Jesus gedink as die Een agter die braaier? Die Een met die voorskoot? Die Een wat graag vir Sy vriende kosmaak?  Daar is niks bonatuurliks aan visbraai nie - dit is dus ...

Gesinsdag

Dis goed dat die dag na paasnaweek juis "gesinsdag" genoem word en dat dit 'n vakansiedag is. 'n Mens is half moeg na paasnaweek. Dit was 'n rowwe tyd. Die afgelope weke het ons stilgestaan by Jesus se lyding; die afgelope sewe dae en die naweek by die kruis en opstanding. En nou is dit gesinsdag. Na Jesus se opstanding is die dissipels terug na Galilea - terug na hulle huise en werkplekke. Hulle het weer gaan doen wat hulle altyd gedoen het: visvang op die meer van Galilea (John 21:1-2).  Dit herinner my dat ons nie permanent kan stilstaan by die lyding en sterwe van Jesus nie. Ons kan nie by die kruis en die graf bly nie. Ons moet teruggaan. Die lewe gaan weer voort, soos na 'n geliefde se begrafnis. En waar is 'n beter plek om te begin as in my eie gesin? Die hier waar ek die kruis en opstanding moet leef. "Charity begins at home" lui die gesegde. Die opstandingslewe begin in ons eie huise: tussen 'n man en vrou en tussen ouers en kinders....

Huistoe

Vrydag refleksie - 11  April 2025 Dis Vrydag. Baie kinders wat in koshuise bly, gaan vandag huistoe. Ek ken verskeie mense wat nou se dae ver van die huis af werk en net naweke huistoe gaan. Vlugte op Vrydae is duurder omdat so baie mense op Vrydae huistoe gaan. Daar is min dinge so lekker soos om huistoe te  gaan. Waaraan dink jy as jy die woord "huis" hoor? In Engels onderskei ons tussen 'n "house" en 'n "home". Dit gaan nie oor die huis nie maar oor die "home", die tuiste. Daar is baie liedjies wat praat van huistoe gaan: "Country roads, take me home", "the green, green grass of home", "hey, it's good to be back home again", "Five hundred miles from home", ens. In Afrikaans kry ons dit in liedjies soos "Ek wil net huistoe gaan" (Koos Kombuis & David Kramer), Huistoe (Riana Nel), Huistoe (Gé Korsten), ens. Om huistoe te gaan, gaan meesal nie oor die huis self nie maar oor die men...

'n Pou

Image
Woensdag 9 April Waarom word die pou so dikwels op ou grafte geteken? Ons vind die pou ook dikwels teen ou antieke kerkmure asook in versierde vensters? By baie kloosters in Griekeland word poue in hokke aangehou...waarom? Dis interessant dat die Bybel nooit van poue praat nie. In die Ou Vertaling staan daar dat Salomo die skepe vol "ape en poue" gelaai het (1 Kon 10:22, 2 Kron 9:21), maar in die Nuwe Vertaling staan daar tereg "ape en bobbejane". Die King James Vertaling sê dat God vlerke aan die pou gegee het (Job 39:13) maar in die Ou en Nuwe Afrikaanse Vertaling staan daar tereg "volstruis" in plaas van "pou".  Waarom soveel uitbeeldings van poue op grafte as die Bybel nie eers van poue praat nie? Die antieke mens het geglo dat wanneer jy 'n pou slag, die vleis nie sleg word nie. Augustinus het selfs so ver gegaan om dit te toets en bevind dat dit regtig so is. Daarom het 'n pou die teken geword van onsterflikheid. Dikwels...

'n Vis

Image
Ons het gister gesê dat die kruis eers 300 jaar na Jesus se kruisiging 'n belangrike simbool geword het. Watter simbool was voor dit dan gebruik?  Die oudste Christelike simbool was die vis. Dit was meer as net 'n simbool - dit was 'n geloofsbelydenis. Die vroeë Christene het 'n kort geloofsbelydenis gehad: "Jesus Christus is die Seun van God en Hy is Redder". As jy die eerste letter van elke woordjie in Grieks neem, spel dit IXTHUS - dit is die Grieks woordjie vir vis. Dit was soort van 'n geheime kenteken van die Christene. As jy 'n vissie geteken het, het jy stilletjies gesê dat jy in Jesus glo. Dikwels het Christene met hul groottoon in die sand 'n vissie (lyk soos die Grieks letter Alfa) geteken om vir vreemdelinge te sê dat hulle Christene is. Soms is die vis ook vir Christus self gebruik. Een van die kerkvaders, Tertullianus, verwys na Christus as "ons Vis". Op ander plekke word dit as 'n simbool vir 'n gedoopte...

Kruise

Image
Ons leef in 'n wêreld waar kruise baie volop en algemeen geword het. In ons kerkgebou is daar verskeie kruise, onder andere in die voorportaal, in die loodglaswerk bo in die kerk, buite die gebedskamer en op die parkeerterrein. Ons sien ook dikwels kruise (met blomme) langs die paaie - 'n aanduiding dat iemand daar gesterf het. Baie mense het iewers in hulle huis een of meer kruise; dikwels dra vroue (of mans) 'n kruise om hulle nek of 'n tatoeërmerk daarvan op hulle lyf. Die vroeë Christene het vir die eerste 300 jaar, nadat Jesus gesterf het, nie die kruis as simbool gebruik nie. Die grootste rede was dat dit 'n skande was om aan 'n kruis te sterf - amper soos 'n galg vandag. Wie wil nou vir almal vertel dat sy familielid of sy God aan 'n galg gesterf het? Maar daar was nog 'n rede: Christene is vervolg vir hulle geloof. Jy wil nie 'n teken dra wat jouself nog meer blootstel nie. Daarom is simbole van krag, oorwinning en vrede liewe...

Joslin

Vrydag refleksie - 28 Maart Dit voel vir my of die wêreld lanklaas so deurmekaar was soos nou. Almal is kwaad vir almal. Rusland en Oekraïne is lankal kwaad vir mekaar. Israel en Gaza is vandat ek kan onthou al kwaad vir mekaar. En nou is die VSA en Suid Afrika ook kwaad vir mekaar. Op tuisfront is almal kwaad vir Afriforum en Eskom. Dis 'n kwaad wêreld. Dis nie net lande en politieke groepe of rassegroepe wat kwaad is vir mekaar nie. In baie families is mense kwaad vir mekaar. In sommige gesinne kom die een boetie nie kuier as die ander boetie daar is nie - hulle is kwaad vir mekaar. In baie huise is pappa en mamma kwaad vir mekaar; dikwels is pappa die kwaad een. Soms hang daar vir dae lank so kwaad wolk in 'n huis of in 'n werkplek. Daar is 'n gesegde wat sê: hy word nie kwaad nie; hy IS kwaad. Jy kry mense wat net altyd kwaad is. Hulle is kwaad vir die regering; kwaad vir die ekonome; kwaad vir die kerk en kwaad vir almal om hulle. Dis nie lekker om saam met kwaad m...

Almal is kwaad

Vrydag refleksie - 28 Maart Dit voel vir my of die wêreld lanklaas so deurmekaar was soos nou. Almal is kwaad vir almal. Rusland en Oekraïne is lankal kwaad vir mekaar. Israel en Gaza is vandat ek kan onthou al kwaad vir mekaar. En nou is die VSA en Suid Afrika ook kwaad vir mekaar. Op tuisfront is almal kwaad vir Afriforum en Eskom. Dis 'n kwaad wêreld. Dis nie net lande en politieke groepe of rassegroepe wat kwaad is vir mekaar nie. In baie families is mense kwaad vir mekaar. In sommige gesinne kom die een boetie nie kuier as die ander boetie daar is nie - hulle is kwaad vir mekaar. In baie huise is pappa en mamma kwaad vir mekaar; dikwels is pappa die kwaad een. Soms hang daar vir dae lank so kwaad wolk in 'n huis of in 'n werkplek. Daar is 'n gesegde wat sê: hy word nie kwaad nie; hy IS kwaad. Jy kry mense wat net altyd kwaad is. Hulle is kwaad vir die regering; kwaad vir die ekonome; kwaad vir die kerk en kwaad vir almal om hulle. Dis nie lekker om saam met kwaad m...

I have the problem with my eyes

Vrydag refleksie - 4 April 2025 Ek dink vandag weer aan die ou wat vroegoggend sy werkgewer geskakel het en gesê het dat hy nie vandag kan kom werk nie "because I have the problem with my eyes". Die werkgewer vra toe wat is fout met sy oë en hy antwoord: "I don't see myself working today".  Dit voel vir my ons bly in 'n land waar baie mense hierdie soort oogprobleme het: "I don't see myself working today". Ek lees die afgelope week van die beamptes by 'n Staatshospitaal wat agter die toonbank lê en slaap terwyl vyftien pasiënte sit en wag vir hulle leêrs.  'n Apteker in Pretoria vra eendag vir een van die boemelaars wat elke dag voor sy apteek sit en bedel, waarom hy nie 'n werk gaan soek nie. Ewe ernstig antwoord die man: "Maar meneer, ek hou nie van werk nie!" Ons elkeen het al paaie gekruis met mense wat nie van werk hou nie; mense wat hulself nie vandag "sien werk" nie. Jy kry hulle in supermarkte, agter toon...