Doop...
Doop... My liewe kind. Jy is in jou vroeë 20's. Dit voel soos nou die dag toe ons met jou voor die kansel gestaan het. Ons was baie gelukkig - nooit gesukkel om kinders te hê nie. Op die regte tyd het jy gekom, en twee jaar later, op die regte tyd, jou boetie. Jy lyk vandag besonder mooi met jou doopklere. Die ander ouerpaar wat saam met ons doop het water van die Jordaanrivier saamgebring vir hierdie groot dag. Dis wonderlike simboliek, maar niks beter of heiliger as water uit die Apiesrivier nie. Ons het baie uitgesien na vandag. Ek en mamma het eintlik van kleintyd af saam met die Here gekom; of nog beter gestel: Hy het saam met ons gekom. Ek onthou dat ek in graad 9 die eerste keer my hart vir die Here gegee het tydens 'n CSV kamp my die see. Maar ek sal jok as ek sê dat ek die Here eers daar leer ken het. Ek kan eintlik nie 'n dag onthou wat ek Hom nie geken het nie. Ek sê dankie vir my ma. Sy het my van kleintyd af van die Here geleer, en ek was bevoorreg om saam me...